TG Newsletter: FISH EAGLE RALLY


Fish Eagle Rally

(27 - 20 September 2006)


Een hengse groot voël paartie en baie stof!!!


...en soos meeste goeie dinge wat begin by die bodem van ’n botel drank, het hierdie paartie sy eerste asem geteug! Daai meisie met die groot drank lus en myself besluit wil en wete – Namib hier kom ons!!!


Ses maande se beplanning en bespreking later en ons is:

1 maal groot lewer chick op 400 Suzuki Intruder (...aka JJ)

1 maal amper so groot lewer chick op 950 KTM Adventure (...aka Tonto)

1 maal GPS hanteerder genaamd Fanus op 650 BMW GS (...aka Wup)

1 maal meestal kaalgat foto poseerder genaamd Deon in spik splinter nuwe Jeep

1 maal lang haar fotograaf genaamd Louré soms in bogenoemde Jeep, soms op Tonto


DAG 1 – Johannesburg tot Kang

En so vertrek ons toe 6:30 op ’n Woensdag genaamd 27 September 2006.


Die bogenoemde Jeep:


Die bogenoemde kaal gat poseerder (...met back-up bike aka Black Widow):


Die meisiekinners gee een salute aan DaCat vaarwel:


EN ONS IS WEG...


...maar dit was nie lank nie of ons was verlore! Hier sit ons in die Wimpy op ‘Klerksdorp’ aka Koster... OKAY – altwee plekke begin met ‘n ‘K’!!!


Kyk hoe mooi geduldig, gedienstig en gedwee wag ons vir ons klein-klein geld by die tolhek:


En vir die tweede keer op dag een is ons verlore... Die ‘front-up’ vehicle wag vir ons by Skilpadshek (...die grenspos anner kant Zeerust). Ons wou net gou-gou 120km detour vat om te kyk hoe lyk ’n plaas dorpie genaamd Mafikeng... Deon: Waar is hulle???

Louré – ek sien iets op die horison...


Ook ‘horse-power’ aangedrewe... maar nie hulle nie!


Na ’n allemuntige 849km vir dag een is destinasie KANG bereik. Natuurlik nie sonder sy ‘hick-ups’ nie.


Net voor die grenspos het Fanus se docking-station af gebreuk en die nommer plaat en rem lig het aan ’n stukkie plastiek gehang. ’n Nood voorraad cable-ties is aangeskaf!


Ons is voor gekeur deur die Botswana KK’s in Kanye en uitgetrap oor ons sommer langs die pad gestop het – HOE DURF JULLE!!! Daar het ons ‘n hemelse middagete geniet, bestaande uit al die gedroogte vrugte en neute wat ons in die kar bymekaar kon skraap.


By die laaste petrol stasie in Jwaneng is petrol oor Tonto gemors en die Skinny-ene was moeg en bemoerd... Dit het glad nie goed afgegaan nie – Sorry ouens! Volgende keer sal ek my Prosacs voor die tyd neem...


Ook het ek my eerste ‘af’ gehad by Kang Lodge... Gelukkig het Tonto net skeef gaan lê in dik sand en nie veel skade gekry nie... ’n perd raak ook moeg!


Ons het oornag by Kang Ultra. ’n Baie mooi gerieflike stop, met ’n restuarant. Ons was poot-uit en het gesukkel om wakker te bly deur aandete...


DAG 2 – Kang tot Gobabis

Dag twee is gegroet met ’n son wat al hoog sit. Hier vetrek ons uit Kang en Louré durf sy eerste stuk teer pad aan na sy groot KNAL met Phakisa pit muur... MEER PETROL – STADIGER CLUTCH BOETAS!


Gou moes ons uitvind dat JJ net ‘n 10 liter tank het en slegs 160kilos haal op daai piekenien tank. Met hikke en stote draf JJ en Jack tot ’n stilstand net na Iewers en net voor Nêrens... Hier vul ons gou al die baaiks met juice... KYK – die vokol groei ten minste ses duim hoog!


Die beste ‘pomp’-joggies in die wêreld...


Net voor die grens (...Xanagas) moes ons eers ’n Jack Daniels stop inwerk. Somiges van ons kan nie lekker funksioneer daar sonder nie! Ek dink nie ek hoef te verduidelik nie, kyk maar self...


Die Power-Puff-Girls en twee gladiators:


Ons het gehoop om in Mamuno net voor die grens op te vul, maar die stasie was uit ‘juice’. Die enigste lunch wat ons kon kry was ’n gesnyde wit brood, botter, sliced cheese, appelkoos-jam, en piesangs. Ons het rustig gesit en fees by Deon-Se-TPT-Café...


By die grenspos het ons twee manne ontmoet wat oppad was na die rally, maar hulle sou hulle self eers later voorstel – daar was nog ’n lang pad voor.


Ons het in die Big 5 hotel in Gobabis oornag. Die blokes van Gobabis was gereed vir ’n GROOT kuier, maar ons het verkies om buite op die trailer te dop terwyl ons na die sterre staar...


DAG 3 – Gobabis tot Walvis Baai

By Windhoek het ons ’n draai gaan maak by Joe’s Pub. Julle moet daar stop as julle ooit in Windhoek kom! Die plekkie se atmosfeer... kos... diens... bier... ALLES... is sommer pure Namib entertainment. Bly net weg van die bure se budgies... Daai oom laaik dit vokol as jy sy voëltjie hok is sy moer in ry... Tweet-tweet-tweet-tweet-FOK!


Jack het ook haar ‘af’ gehad in die parkering. An excessively slow drop... I think it was to show off her newly acquired biceps! Luckily – no damage!


Joe se shop décor…


Skinny en Jack se diva-look:


Fanus en die glas wat nooit gesteel is nie...


Deon met sy klere aan!!!


...maar nie vir lank nie...


By Okahandja wou self die bokke kom kyk wat vir ’n ding ‘n ‘Intruder’ is...


Daai einste ‘Intruder’...


En wragties sal ons reën slat net voor Karibib...


Na ons weg is uit Windhoek moes ek en Tonto bietjie gat skoonmaak om betyds in Walvis te wees vir die cottages se sleutel. Ek het ’n gemaklike 210 gehandhaaf deur die woestyn se vlaktes. Het Windhoek/Walvis gedraai in net onner 2 ure. By Usakos het die KK’s vir Fanus gevang. Die pienk perd het glads te vinnig deur daai dorpie ge-gallop...


Hier is die eerste stukkie WARE woestyn net anner kant Usakos:


Dit lyk dalk warm, maar hier vries Jack haar koekie-jannie kleiner:


Een empty Intruder...


Shez got vokol juice...


Ons het by die Flamingo Bay Cottages in Walvis Baai gebly...


Mens kan amper aan die flaminke raak, so naby is hulle...


DAG 4 – Walvis Baai

Eintlik met die intrap slag het ons besef dat Walvis net een groot squatter-camp is. Die Jeep was by die voor deur geparkeer; agter die cottage se tuin hek; binne die compleks met sekuriteits hekke... maar ons bly nogsteeds in Suider Afrika en wat ons sien – BEHOORT MOS AAN ONS!


In die vroeë oggend ure is die manne wakker geruk met ’n al te bekende geluid... Ek dink hulle noem dit die ‘baksteen-deur-‘n-motor-ruit-KNAL’ geluid?!?!?


Dit alles vir ’n ou cell wat onder die sitplek uitgesteek het. Deon se beursie met al sy bankkaarte is ook ge-‘gaps’...


Die grootste ongerief was om die Jeep se ruit te vervang. In die jele Suid-Wes was daar nie een plek wat ons kon help met ’n ruit nie. Plan B is bedink en ‘purse’-pex moes maar die woestyn stof uit Deon se oge hou...


Hier sit ons en vrek van die honger terwyl ons vir die temp-window wag...


Ons het ’n oulike klein kafeetjie in Swakopmund gevind wat die lekkerste slaai gemaak het. Almal het ’n bietjie vars vrugte en groente ge-crave!!! DaCat – kry vir jou!!!


Hier’s ons oppad terug na Walvis:


...en daar gat Fanus! Ons moet regtig weer laat kyk na daai GPS. Ek dink sy battery is pap...


Jack: HE JUST DROVE OFF INTO THE DESERT!!!


’n Kiekie of twee van die perd in Walvis:


Na al die inbraak omswerwinge het die meisiekinners gaan djol by die rally en die manne is DUIN 7 toe. Wees assamblief gewaarsku... die volgende fotos is nie vir kinners onner 18, sensitiewe kykers of jagse nudiste nie!!!


Dalk was DIE 3 woestyn nimfe net te veel vir Deon, maar hy het soos die koning van sy loin cloths ontslae geraak en deur die sand-strate genael...


Ek kan nie eers begin om te vertel waar sand orals gevind is in die daar-op volgende dae nie.........................


Fanus, ons eige spoor snyer...


...en Louré vind sy karma...


...sy chi...


...en sy kontak-lens...


En soos alle mans, moes die speelgoed eers sand-bestand getoets word...


Wuntyme 4x4 dougnut:


Jelp!!!


Ons eerste sonsondergang oor ’n oseaan...


By die rally het ek ene oom Peter Hennes van Witvlei ontmoet. Hierdie oom is een van KTM se grootste aanhangers en wou graag ’n kiekie van my en Tonto gehad het. Ongelukkig het ons daai aand met die Jeep opgedaag, maar Peter – jou kiekie is in die pos!!!


Ek het twee dae terug gehoor dat Peter ’n vlakvark geslaan het net buite sy plaas. Die vark is moer toe en amper oom Peter ook. Ek hoop vir jou sterkte en jy moet gou-gou weer op ’n baaik klim en vir ons hier is SA kom kuier!


Ek en my boet – goed gekoring al...


Daai ene wat so baie JD kan sluk. Sy hou haar wel bekende boudtjies warm by die braaivleisvuur...


’n Groeps-foto: Jack Girl, Deon, Skinny, Louré


Ons het vir Dehacked en sy meisie ontmoet. Regte egte Namib mense!


Net om te bewys dat ALMAL die rally geniet het... al moes Jack so bietjie aan help...


Die TB promotion-girls:


...en wat sal ’n rally wees sonder Miss Best Butt???


Die band...


DAG 5 – Walvis Baai tot Mariental

Die uittog uit Walvis:


Die intog na Mariental:


Dit was op die dag dat ons JJ se land-speed-record gebreuk het. Met die grasie van ’n fighter-jet-pilot kon Jack vir JJ druk tot ’n majistieuse 157km/h!!!


Eat THAT!


Vol brawade en veel meer moed as wat ons knieë kon hanteer land ons toe by Oppikoppi – die guest lodge in Mariental. Sien julle daai berge in die agtergrond??? Ons is daar op!!!!!!!!!!!!


Ons moes mekaar maar aanpor, want sand ry is nou nie ’n kuns wat ons twee al bemagtig het nie...


Hier wys Jack vir ons wat die werklike definiesie is van ’n emergency-dust-break alias oooh-poes-my-agter-wiel-steek-vas-en-die-voor-wiel-gaan-verkeerde-kant-toe manuver...


Ek dink my stywe nek werwel spreek boek dele...


I can like to see the fear in her eye...


En kort voor lank was die berg ge-conquer en kon ons ons-self verlustig in ’n harde skoot JD en een van die mooiste sonsondergange wat ons nog ooit gesien het!


DAG 6 – Mariental

’n Bevange groep-foto op die eskarp: Deon, Jack, Skinny, Louré, Fanus


Oom Mercer het ons bietjie op sy plaas gaan rondwys. Hy’t ’n pragtige troppie skape...


Hier wys die stadsjapies julle HOE om ’n bok te vang...


MAAAAAA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!


Dit was ook vendusie tyd en Mercer moes ’n paar ‘teenagers’ uitvang... Soooo word ’n skaap mos gevang!


Ooooooooooooooooooohhhhhh!!!!!!!!!!


Sout LEK!


En Mercer kom vir die eerste keer in sy lewe in kontak met ’n G-P-S... Ek dink Fanus ook J


The mountain GAWD...


...though we were not so sure why it’s called a ‘mountain’?!?!?!


The chickens prepping themselves for the down-ride the next morning...


...and they even have car-guards in the middle of the Karoo!!!


Billy-Bob was saam en al het sy tekkies nie altyd teer ge-eet nie, was hy meer as bereid om die woestyn te besigtig vanaf die trailer...


Die anner perde neem ’n blaas kans...


Wat sal Miss Best Butt nou wees sonder ’n MISTER Best Butt???


In ’n een vertrek woon Robert (...die plaas bestuurder), sy vrou, hulle twee kinders, nog ’n plaas werker, die se vrou en ook hulle twee kinders...


Die Nam mensies is ongelooflik mooi en ons kan soveel by hulle leer oor tevredenheid, sorgvryheid en waardering! Ons het die plastiek baaik vir die kinders gegee en ons harte was warm om daai kinder laggies van opgewondenheid te hoor... Think Bike is iewers op ’n koppie in die Kalahari...


Cujo se niggie was ook daar... Sy stuur groete!


DAG 7 – Mariental tot Upington

Rescue 911 het die voor-hoede gedek vir die aftog uit die land van klip, rots en heuning...


She’ll be coming down a mountain when she comes...


Hêppie bêfday two djou!!! Hêppie bêfday two djou!!!


Nerves of steal, 18 shots of Jack Daniels, two side wheels and she was on her way...


She got stuck ones or twice (...”No touchie-touchie”), but the side wheels only picked her up, over and sideways and kept on rolling!


I wish I could say that this was lekker... I wish…………


En nog een vir DaCat...


In Upington we stayed at Kuthula Lodge, a little green oasis in the red Kalahari dunes…


We took Deon to the Spur for his bêfday and he even got a sparkle – ek sê!


DAG 8 – Upington tot Jo’ies

Ons laaste dag en 780 kilos wat nog voorlê...


Deon ‘bond’ met sy ruit...


Net om seker te maak dat ons nie sommer die kuns van sand ry vergeet nie, moes ons toe eers oor die Kalahari duine spoor sny...


Jack vat ’n blaas-kans...


She’s on fire!!!


Die moegheid lê vlak...


Fluit-fluit, Miss Best Butt is uit...



HONESTY NEWSLETTER!

If you're familiar with the rural concept of the honesty bar, this honesty newsletter ain't much different... I'm a completely un-paid journalist, relying instead on readers using the honour system. You read the newsletter and then leave an amount you see fit for the entertainment you've received.

If you don't find it particularly amusing, then you fork out NO dosh. I won't stop sending you the letter – it is still mahala to those that count their coins and... I love sharing my stories.

As requested by my overseas readers, you can donate to this newsletter on my PayPal account: skinny@tankgirls.co.za

OR...

You can do an EFT transfer to the account below.


Flat Taps Pappie!!!

Skinny

www.tankgirls.co.za

www.facebook.com/SkinnyBikerChicken

www.pinterest.com/skinny400 YouTube: Skinny van Schalkwyk

Instagram: skinnyvanschalkwyk

RECENT POSTS:
SEARCH BY TAGS: