TG Newsletter: GELUK

Geluk

(26 January 2013)

 

We are about as happy as we make up our minds to be!

 

I’m writing this one in the language that runs in my mind… if you need a Soutie version – pop me a mail & I’ll send it on!

 

Ons is almal opsoek na daardie een ding in die lewe…  Die ‘iets’ wat al ons vrae sal beantwoord.  Die ding wat troos bring as ons glo die lig aan die einde van die tonnel is eintlik ‘n aankomende trein.

 

My soektog het Saterdag oggend op ‘n frustrerende noot begin.  Die alarm het nie af gegaan nie.  Toe vergeet ek die selfoon by die huis & moes omdraai.  Terug by die huis wou Griet verdomp nie start nie…  Tien sluis-motte kon my nie kalmeer nie!  Toe ek eindelik die pad slaan wou ek net oopmaak…

Maar die lewe hou ons partykeer aspris terug.  Kalm… kalm nou!

By Lichtenburg draai ek af op die ou pad na waar ons as kinders vakansies by oumie & oupa deur gebring het.  Op hierdie einste pad het my Boetas geglo hy vind dit waarna hy soek agter die stuur van ‘n ou Datsun bakkie… waar hy net-net die pedale kon raak.  Die vreugde van vryheid agter jou eie stuurwiel!

Die ou plaas huis bring herinneringe terug.  Lo mas hermoso de la vida es unbuen recuerdo de la infancia (…die beste herinneringe van die lewe is van wanneer ons kinders was).  Ons glo ons het dit gehad – dalk selfs daarmee gebore, maar iewers tussen rekeninge, SARS & Eskom het ons dit deur die jare verloor…

Doer in die veld staan die destydse Blue Circle sement fabriek.  Nagte het ons staan & loer na hierdie ‘Disneyworld’ met sy liggies op & af teen pype, kabels & torings.  Ons het geglo dis daar… as ons maar net oor die groot heining kon klouter!

Selfs op ‘n plattelandse dorpie het sommiges geweet hulle kon dalk ‘n bietjie daarvan proe met die geskreeu van tyres & die reuk van dampe.  Ek het my kans gewaag & hole shot om die eerste draai gekry!  Lichtenburg Kyalami!!!

Ek het natuurlik gewen!!!

Ons peins al vir donkiejare daaroor…

Is dit iets wat mens wen, ontvang of besit?

 

By die brandende vlei (…een van slegs twee in die wêreld) het ek gehoop op ‘n bright ‘spark’.  Hierdie vlei het vir jare… nee… eeue, gebrand met ‘n vuur wat vlamme deur die nag die dorp laat verlig het.  Maar mens het nie daarvan gehou nie & met damme die vuur geblus.  Net nog ‘n wonder wat deur mense se behoeftes gedemp is…

In die hoof straat het ek & Hans, toe ons so 6 jaar oud was (…wyle ons in die kar wag vir oupa om klaar te maak by die munisipaliteit) die hoofstraat ge-‘toiletpaper’.  Ek sou nie seg dit was aspris nie… meer dat ons beheer oor die rol verloor het.  Daai dag het ons ‘dit’ verseker gehad!

De la Rey & sy Starlight!  Ek & my Griet!

 

Dalk het die oom geweet dis baie naby aan die ‘sit in ‘n saal’?

Wimpy boeretroos!  So naby, maar tog so ver…

Sommiges glo dis aan die einde van ‘n goeie pomp…

In Sannieshof het hulle ‘vrede’ aangebied…

By die winkel was nog veel meer beskikbaar – alles natuurlik baie welkom ,maar nie waarna ek opsoek was nie…

Ys-piepie-koue lemonade op ‘n snik hete warm dag!  Hoe sê hulle???  Amper daar - jy’s lou warm…

Sommiges soek baie… BAIE ver daarna!  Dalk is dit nie meer hier op aarde nie…?

Dalk is dit ‘tussen treine’?

Mens hoor altyd dat jy die ‘straight & narrow’ moet vat om daar uit te kom…  Ek het goed gekyk maar niks van dit daar gevind nie?

‘n Klein bietjie warm Oros…  Dalk is ‘tevrede’ goed genoeg?

Van ons kyk terug in die verlede in die hoop dat ons van dit kan saam sleep in ons toekoms in.

Nou was ek naby… so het ek gedink…

 

Die GPS het 5 destinasies gehad, maar soos in die lewe is alles nie soos dit voorkom nie.

 

Anderkant Vryburg, ‘n paar kilos in die vlaktes in…  Hier sou die GPS my eerste neem, maar hier was wraggies NIKS!  Nie eers ‘n plaashek nie.  Hier groei die boggerall knieg hoogte!

Mens kies die eerste naaste & glo dit gaan so maklik wees soos wors… maar sommige goeters moet verdien word!

Die tweede plek was so 50 kilos binneland in.  Die grondpaaie was sleg… ek’s seker hulle boer met zink-plate hier!!!  Na my binnegoed in knope geskud is wat ‘n troepie sal beindruk, draai hy my af op ‘n twee spoor… waar seker net trekkers ry… dalk een keer ‘n jaar!  Hier was die boggerall ten minste al heup hoogte.

Dit kan tog nie waar wees nie???  Het dit in die niet verdwyn?

Die stilte se gezoei het my aangemoedig om die pad verder te vat.  Dit het begin laat word, maar ek kon tog nie my soektog staak nie???

Die derde van vier… die sand word al dikker… die sonbesies word sonner… en die soektog al elendiger!

Teen die tyd was dit al 16:30.  Ek was nie meer seker waar ek was nie (…dis nou op ‘n padkaart EN in die lewe)!

 

Maar hierdie meisiekind sal nie opgee voor sy dit gevind het nie.  Julle ken my mos – HARREGAT!

*Wink-wink, nudge-nudge*

Ek weet om dit te vind is nie maklik nie.  Mens moet diep spore loop voor mens dit kry.  Hulle noem dit klippe-kou… of dalk in my geval, sand eet!

 

Na ‘n hele dag, 500 kilos, sengende hitte & die moedeloosheid van soekers wat nooit vind het die sand monster gewen.  Terwyl ek daar in die warm sand lê en wonder of dit my dalk nie beskore is nie, stop ‘n oom met sy 4 x 4 langs my.  Na ‘n gestoei om Griet se dik gat uit die stof te lig, vra dese oom my waarheen ek oppad is?  So alleen meisiekind…?

Ek vertel hom toe van my soeke & hy glimlag net.  Seg ek’s ‘gelukkig’ & wys in die rigting wat Griet sy neus geploeg het.  Nog so 7 kilos – byt vas!

 

Baie mense sien dit sekerlik nie eens raak nie… gaan rou deur die lewe & glo wat hulle het is die ware jakob…

 

MAAR nie ek nie…

 

Ek het GELUK gevind!

Ek dink Griet was meer verlig as ekke, want as hy enigsins verder moes soek, sou hy ‘onbeheerst’ as ‘n alternatief aan my verkoop het!  Met een laaste proes, vrek sy binneste net daar by die hek.

 

Ek het gevryf… ek het mooi gepraat… ek het ‘n skop of twee uitgedeel… maar hy het sy tenk half leeg gesien!

 

Terwyle ek so staan & mooi praat stop nog ‘n bakkie agter my.  Die mense kyk my met verbasing aan…  Wat doen jy hier… in die middel van niewers… so stok siel alleen?

 

Ek vertel vir die oom dat ek opsoek was na Geluk.  Die oom gee net ‘n skuins glimlag & vertel my, ek’s nog nie jelemal daar nie.  WAT?!?  Geluk is nie agter elke boom te vinde nie…

 

Wys jou nou net…  Ons moet verby ons eie skeinbeelde kyk vir WARE geluk.  Die plaas Geluk behoort aan die oom, maar daar was wel ‘n klein dorpie voorheen met die naam Geluk.  As jy deur die hek gaan & nog so 4 kilos met die stof paadjie langs ry, dan VIND JY WARE GELUK!

 

Met hierdie paadjie langs wat mens steeds laat twyfel… moet ek nie maar omdraai nie?  Mens hoef mos nie totaal & al gelukkig te wees nie…???

Weggesteek agter dooie boom & bos, moet jy mooi kyk.  Kyk… kyk mooi dammit!

Welkom by Geluk!

Volgens die oom was daar jare terug ‘n spaza & ‘n herberg… Geluk met ‘n bietjie lafenis!

 

Simson het sy geluk in sy hare gevind… hy’t seker Pantine gebruik???

Die ou spaza het sekerlik sakke vol geluk vir ‘n tiekie verkoop.

…en by die herberg was daar dalk meer as een tiepe geluk te vinde (…hier kom die *nudge-nudge* in).

Na ‘n dag se sweet, stof & warm botteltjies water… was daar klein bietjie geluk aan die bodem van ‘n yskoue bier.

My sterretjies-tent was op net voor sononder

…en lamsakkig moeg het ek met gelukkigheid onder die vol maan aan die slaap geraak!

My alarm die volgende oggend…

Met die son agter my, vaar ek my lewe voort met die wete dat geluk nie te vinde is nie.  Dis deel van die binnegoed, dis deel van Skinny!  Nooit weer hoef ek te soek nie…

This newsletter was sponsored by…

 

RAD Adventure!

 

At RAD – they want to ride.  I think if they could cut down on sleep, eating & maybe a shower or two to fit in more riding time – THEY WOULD!  They’ve set-up a calendar for February & somewhere in the next 28 days, you MUST find time to join them on an adventure!

 

Sunday – 3 February 2013!

 

They will be doing an off road adventure bike ride through Maraisburg at 8am, where they will help out the less fortunate… I mean… less experienced off roader with some useful tips & advice on how to handle a big bike in adverse conditions.  If ya wanna gooi a draai with them, give Andy a shout on 078 097 4963 or at adv@radmoto.co.za.

 

Saturday – 9 February 2013!

 

Oeh… oeh… oeh!  A sun downer run from RAD at 2pm, where they will take you on a 60% tar, 40% dirt route through to Hartebeespoort & back to finish up with a sun downer in the Fourways area. This is going to be a lekker opportunity for the novice adventurer to join up for a thoroughly entertaining ride with great roads and company.  Chickens – JOIN ME ON THIS ONE!  Kom nou…!  It will be like a pre-valentine spoil – LOVE YOURSELF!

 

Weekend – 22 / 23 February 2013!

 

Then, to close off the month, RAD Adventure and Khwela Adventures are hosting a one / two night breakaway to the spectacular Elands River.  For those lucky enough to get Friday off (…find a real job), the 2 nighter is not to be missed; but for those less fortunate, the 1 nighter will be leaving midday Saturday from RAD & joining up with the group in Machadodorp.  Pillions are welcome & encouraged as the riding, although scenic, will be passenger friendly.  There will be earplugs on sale….  Places are limited to 20 riders with booking essential, so drop Andy ANOTHER mail for more info & booking a spot for your wheels.

 

Remember RAD Adventure caters for all brands of motorcycles, so if your mate rides a BMW, Triumph, Honda, Yamaha or even a Big Boy, don’t be nasty - please invite them too!

 

 

HONESTY NEWSLETTER!

 

If you're familiar with the rural concept of the honesty bar, this honesty newsletter ain't much different...   I'm a completely un-paid journalist, relying instead on readers using the honour system.  You read the newsletter and then leave an amount you see fit for the entertainment you've received.

 

If you don't find it particularly amusing, then you fork out NO dosh.  I won't stop sending you the letter – it is still mahala to those that count their coins and... I love sharing my stories.

 

As requested by my overseas readers, you can donate to this newsletter on my PayPal account: skinny@tankgirls.co.za

OR...

You can do an EFT transfer to the account below.

 

Pinnit!!!

Skinny

 

www.tankgirls.co.za

www.facebook.com/SkinnyBikerChicken

www.pinterest.com/skinny400
YouTube: Skinny van Schalkwyk

Instagram: skinnyvanschalkwyk

Tags:

Please reload

December 27, 2019

September 27, 2019

August 27, 2019

Please reload

RECENT POSTS:
SEARCH BY TAGS: